Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
Jollie Jik Fees Bloemfontein
1.
2. Die Jollie Jik Fees vind plaas op donderdag 21 Maart 2013, wat dan ook
Menseregte dag en dus ‘n vakansiedag is. Hierdie fees sal jaarliks aangebied
word op Menseregte dag.
Die fees is die inisiatief van Athalia, wat ons ouer garde in Bloemfontein
huisves en versorg. Athalia het reeds 6 huise wat 84 mense huisves. Die doel
van die fees is om fondse in te samel om verbeteringe aan te bring en
benodigdhede aan te skaf vir hierdie organisasie.
El-Piso wat weggooi babas versorg in Bloemfontein, is as mede begunstigde
aangewys.
Engele Kind – ‘n nuwe inisiatief gedryf deur Black and White Event Planners is
ook as mede begunstigde aangewys. Hierdie projek identifiseer ‘n siek kind
wat fondse nodig het ten opsigte van mediese hulp.
Athalia het Black and White Event Planners aangewys as die organiseerder van
die funksie.
Die fees sal plaasvind op die skoolgronde van Jim Fouche hoërskool wat beskik
oor ruim grasvelde asook ‘n saal, toiletgeriewe, voldoende toegangsbeheer,
genoegsame parkering, maklik bereikbaar is en baie netjies vertoon.
Behalwe vir vermaak vir die hele gesin, sal verskeie kultuur items ook
aangebied word.
Computicket sal alle kaartjieverkope hanteer maar kaartjies sal ook beskikbaar
wees op die dag by die hekke
Die fees sal open vir die publiek vanaf 09h00 tot 22h00.
3. VOORLOPIGE PROGRAM
20 Maart 2013
Die nodige tente word opgeslaan vir die volgende:
- Kunstenaars en optredes met stoele
- Biertent met yskaste, tafels en stoele
- Verhoog en klank
- Mobiele toilette
- Nodige addisionele krag aanleg
21 Maart 2013
06H00 Fees open vir uitstallers om stalletjies gereed te kry onder andere:
Arts en Craft uitstallers (buitelug)
Klere, gesondheid en skoonheidsuitstallers (buitelug)
Besighede uitstallers (buitelug)
Kuns uitstallers (saal)
Wynproe (saal)
Boek uitstallings (saal)
Stokperdjies – vliegtuie, radar motors ens (buitelug)
Groen stalletjies bv elektrisiteit besparing ens
Fees open vir Motor Expo uitstallers onder andere:
Motor Expo – nuwe motors
Vintage Motor Expo
Vintage Trekker Expo
4. Fees open vir Kosstalletjies onder andere:
Kos
Koeldranke
Koffie/hot chocolate/cuppuchino
Roomys/slush puppy
Doughnuts/wafels
Fees open vir Kindervermaak onder andere:
Springkastele en waterwurms
Karretjies
Gesigverwers
Ballonvouer
08h00 Alle uitstallers moet teen 08h00 gereed wees
Organiseerders sal rondte doen om seker te maak dat almal wel
gereed is, die stalletjies voldoen aan die vooraf vereistes ens. Die
stalletjie wat die beste vertoon sal ‘n trofee ontvang
09h00 Fees open vir publiek
Computicket gereed by hek vir kaartjieverkope
Buite: Trompoppie kompetisie
10h00 Verhoog: Kindervertoning met Barney / Smurf
Buite: Fietsry kompetisie kleuters na vertoning
Saal A: Kuns, boek en wynuitstalling
Saal B: Praatjie oor tuinbou