KANSA beklemtoon die belangrikheid van sifting en die vroeë opsporing van borskanker as deel van hul Vrouegesondheidsveldtog hierdie Oktober. http://www.cansa.org.za/womens-health/
Afgesien van nie-melanoom velkanker, is borskanker die mees algemene kanker in vroue van alle rasse, met ‘n leeftyd risiko van 1 in 35 in Suid-Afrika volgens die 2007 Nasionale Kankerregister.
Ons moedig alle vroue aan om gereelde maandelikse bors-selfondersoeke te doen. Weet hoe jou borste lyk en voel – enige veranderinge wat jy waarneem moet met jou gesondheidspraktisyn bespreek word. Dit is ook baie belangrik om elke jaar vanaf die ouderdom van 40 vir ‘n mammogram te gaan
4. Waarskuwingstekens van borskanker
• Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie,
maar soos die gewas groter word, kan die bors anders
begin lyk of voel
Tipiese veranderinge sluit in:
• Rimpeling in die borsvel
• 'n Knop in die bors of armholte
• 'n Verandering in die vel rondom die tepel
• Kuiltjievorming /inkering van die tepel
• Buitengewone vergroting van een bors
• Een bors is buitengewoon laer as die ander. Tepels op
verskillende vlakke
• 'n Vergroting van die kliere
• Buitengewone swelsel in die armholte
5. Vroeë opsporing van borskanker
Bors-selfondersoeke (BSO)
Bors-selfondersoeke (BSO) behoort elke
maand tydens ovulasie gedoen te word
(verkieslik op dieselfde tyd van die dag)
Bespreek enige veranderinge
wat jy opmerk met jou
gesondheidspraktisyn
Wees bewus van hoe jou borste lyk en
voel
Knopperige klierweefsel is 'n normale
deel van borsweefsel
Gereelde bors-selfondersoeke gee
waarskuwing van enige veranderinge
6. ‘n Bors-selfondersoek is so maklik soos 1-2-3
1. Voor die spieël
• Voor 'n spieëI, kyk vir enige veranderinge in die normale voorkoms en hoe
jou borste voel, soos klein kuiltjies, verskil in grootte of afskeiding van die
tepel
• Ondersoek op vier maniere: arms langs die sye; arms bokant die kop; hande
ferm op die heupe geplaas en in ‘n vooroor gebukkende posisie
2. Lê plat
• Lê op jou rug met ‘n kussing onder jou regterskouer en jou regterhand
onder jou kop
• Maak klein, ferm sirkelbewegings met die vier vingers van jou linkerhand in
'n op-en-af patroon oor die hele bors area, onder die arms en op tot by die
skouer
• Herhaal met die regterhand op die linker bors
3. In die bad
• Met jou regterarm gelig, ondersoek jou regterbors met ‘n seperige
linkerhand en plat vingers. Gebruik dieselfde metode wat by stap 2
(‘Lê plat’) beskryf word
• Herhaal aan die ander kant
7. As jy ’n verandering
in jou borste of
armholtes opmerk,
vra jou mediese
praktisyn om ‘n
kliniese
borsondersoek
(KBO) te doen
Vroeë opsporing van borskanker
Kliniese Borsondersoek (KBO)
‘n Kliniese Borsondersoek (KBO) is ‘n visuele en
tasbare ondersoek van die hele bors – vanaf die
sleutelbeen tot die bralyn en van die armholtes
tot by die borsbeen
As jou roetine mediese ondersoek nie 'n KBO
deur 'n mediese praktisyn insluit nie, vra
daarvoor
Vroue 40 of ouer behoort elke jaar vir 'n
mammogram verwys te word
8. Vroeë opsporing van borskanker
Mammogram
• ‘n Mammogram is 'n hulpmiddel om vroeë borskanker op te
spoor in vroue wat geen simptome ervaar nie
• Mammografie speel 'n sentrale rol in die vroeë opsporing van borskanker,
omdat dit die veranderinge in die bors aanwys wys tot twee jaar voor 'n
pasiënt of dokter dit kan voel
Mammogram in samewerking met die Suid-Afrikaanse Radiologiese
Vereniging
• KANSA en die Radiologiese Vereniging van Suid-Afrika (RVSA), deur die
kantoor van dr Richard Tuft, uitvoerende direkteur van die RSSA, is in
samewerking - gedurende die maand van Oktober, sal hulle 'n spesiale
mammografie aanbod bied. Dit behels die voorsiening van toegang tot 'n
mammogram in al die RSSA geaffilieërde mammografie klinieke dwarsoor die
land teen 'n verlaagde prys:
(http://www.cansa.org.za/rssa-offers-reduced-fee-on-mammograms-in-october/)
9. Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry
indien...
Jy ouer as 50 is
• Die kans om borskanker te kry verhoog namate jy ouer word
• Alhoewel die meeste vroue ouer as 50 is wanneer hulle gediagnoseer
word, word vroue in hulle twintigs en dertigs toenemend met
borskanker gediagnoseer
Jy 'n gesinslid met borskanker het
• Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry as jou ouma, ma, suster
of dogter bors- of ovariese kanker gehad het
• Jou risiko verhoog verder as hulle dit voor 50-jarige ouderdom gehad
het
• Vra jou mediese praktisyn aangaande genetiese raadgewing
10. Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry
indien...
Jy 'n persoonlike geskiedenis van kanker het en daarvoor
behandel is
• Vroue wat voor die ouderdom van 30 hoë dosisse chemoterapie,
of bestraling van die borskas (insluitende die borste) ontvang het,
het ‘n groter kans om borskanker te kry
• Studies dui daarop dat hoe jonger 'n vrou is wanneer sy hierdie
behandeling ondergaan, hoe groter is haar kanse om later borskanker
te kry
Jou borsweefsel baie dig is
• Vroue wie se mammogramme toon dat hul borsweefsel digter is as
ander vroue van dieselfde ouderdom, het 'n groter kans om
borskanker te kry
• Ultraklank mag benodig word aangesien digte borsweefsel dit moeilik
maak om moontlike gewasse op te spoor
11. Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry
indien...
Geboorte
• Vroue wat nooit kinders gehad het nie het 'n groter kans om
borskanker te kry
• ‘n Moontlike verklaring hiervoor is dat swangerskappe die aantal
menstruele siklusse in ‘n vrou se lewe verminder
Jy tans geboortebeperkingspille (mondelike voorbehoedmiddels) reeds
vir etlike jare gebruik – of tot onlangs gebruik het
• Studies toon dat vroue wat mondelike voorbehoedmiddels gebruik
'n groter kans het om borskanker te kry as vroue wat dit nooit gebruik
het nie
• Die risiko verlaag as jy dit vir meer as 10 jaar ophou gebruik het
12. Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry
indien...
Jy post-menopousaal is en gekombineerde hormoonvervangings-terapie
(HVT) gebruik (wat estrogeen en progestoroon bevat)
• Kombinasie HVT verhoog ook die kanse dat borskanker eers in ‘n
gevorderde stadium opgespoor word - moontlik omdat dit borsweefsel
laat verdig wat mammogramme minder effektief maak
• Hoër dosisse kombinasie HVT verhoog borskankerrisiko meer as laer
dosis kombinasie HVT
• Vroue wat kombinasie HVT gebruik se risiko vir borskanker verhoog
aansienlik binne die eerste 2 tot 3 jaar van gebruik
• Vroue wat kombinasie HVT vir minstens 5 jaar ophou gebruik het, se
risiko vir borskanker verlaag
13. Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry
indien...
Jy meer as een standaard sopie alkohol per dag drink
• Alkohol verhoog beslis vroue se kanse om borskanker te kry
• Die risiko verhoog namate meer alkohol gebruik word
• Diegene wat drie standaard alkoholiese drankies 'n week drink, het 'n
15% hoër risiko as vroue wat nie alkohol drink nie
• Oormatige gebruik van alkohol verhoog ook die risiko om mond-,
keel-, slukderm- en lewerkankers te ontwikkel
14. Phakamisa
KANSA is een van die stigterslede van 'n werklik unieke vrywilliger
projek genaamd Phakamisa, wat om 'op te hef' in isiZulu en ‘verhoog’
in isiXhosa beteken
Die Phakamisa projek het ten doel om:
• Vroulike vrywilligers met kennis van borsgesondheid en borskanker te bemagtig
• Hulle in staat stel om borskankerpasiënte na fasiliteite vir behandeling te lei,
help en ondersteun
• Om vrywilligers in staat stel om die pad te stap met borskankerpasiënte
• Vestiging van 'n doeltreffende verwysingstelsel en opvolg bestuur van
borskankerpasiënte
• Bydra tot die ontwikkeling van vaardighede (geakkrediteerde opleiding en
professionele ontwikkelingskursusse vir verskaffers van gesondheidsorg en
vrywilligers in die borskanker veld versamel krediete vir werkswinkels
bygewoon)
15. Onthou...
Jy kan jou kanse om
borskanker te kry, verlaag
deur 'n gebalanseerde
lewenstyl te handhaaf en
(kankerveroorsakende
stowwe) te vermy
Alhoewel baie
skaars, kan
mans ook
borskanker
ontwikkel
Die meeste
vroue met
verskeie
risikofaktore
ontwikkel nooit
borskanker nie
deur omgewings-karsinogene
Vroue wat vir
minstens 18
maande
Wees fisies
aktief, waak
teen oorgewig
en beperk jou
alkoholinname
borsvoed, kan
hul (en hul
babas) se risiko
verder verlaag
16. Wat doen KANSA om
te help?
KANSA het Mobiele Gesondheidsklinieke
wat na afgeleë gebiede in Suid-Afrika reis
om mense wat andersins nie toegang tot
siftingstoetse het nie, te bereik
Dit sluit in borsondersoeke, Pap-smeer
siftingstoetse vir servikale kanker, sowel as
ander gesondheidstoetse soos cholesterol
Ons help deur seker te maak dat Suid-
Afrikaanse vroue toegang het tot Kliniese
Borsondersoeke (KBO) wat potensieël hul
lewens kan red
17. Wat doen KANSA om
te help?
• Limfedeembehandeling
• Limfkliere en –vate word somtyds
tydens kankerchirurgie verwyder, wat
die risiko vir infeksie verhoog
• As die oorblywende limfvate nie
genoegsaam vloeistowwe kan dreineer
nie, bou daar 'n oormaat vloeistof op
en veroorsaak swelsel of limfedeem
• Radioterapie kan ook limfklierskade
veroorsaak
18. Wat doen KANSA om
te help?
• Verskeie KANSA Sorgsentra bied
limfedeembehandeling aan *
• Terapeute (wat spesiale opleiding in die
hantering van limfedeem ondergaan het),
Gebruik volledige Ledigingsterapie (VLT)
om hierdie simptome by kankerpasiënte
te verlig
• VLT-behandeling sluit in limfdreinering per
hand, drukverbande, spesiale oefeninge en
vel- en naelversorging
* Neem asseblief kennis dat limfedeembehandeling
slegs beskikbaar is by 'n paar van die KANSA
Sorgsentra (sien die webwerf vir besonderhede -
www.cansa.org.za)
19. Wat doen KANSA om
te help?
Pruike
• Kankerbehandeling lei dikwels tot
haarverlies. Vra jou haarkapper om jou
pruik (wat by ons Sorgsentra gehuur of
gekoop kan word) na jou behoefte te
stileer
Borsprosteses
• Borsprosteses word by ons Sorgsentra te
koop aangebied, waar personeel en
vrywilligers jou met kundige raad en
advies kan bedien – sommige Sorgsentra
verkoop ook onderklere wat saam met
prosteses gedra kan word
20. Wat doen KANSA om te help?
SureTouch
• KANSA is ‘n pionier van die nuutste
tegnologie vir veilige borsondersoeke
• Dit is nie 'n diagnostiese hulpmiddel nie,
maar word gebruik vir vooraf-siftingstoetse
• Ondersoek en geverifieer deur KANSA,
word die SureTouch siftingstoestel na
stedelike, voorstedelike en landelike
gemeenskappe regoor die land geneem,
om sodoende maklike en veilige
borsondersoeke beskikbaar te stel
Kontak asseblief die KANSA Sorgsentra
vir meer inligting (sien die webwerf vir
besonderhede - www.cansa.org.za)
21. KANSA het die
afgelope jaar...
• 15 275 Kliniese Borsondersoeke &
SureTouch ondersoeke gefasiliteer
om knoppe in die bors op te spoor
en 'n bykomende 2 007 in
vennootskap met die Departement
van Gesondheid
• Spesialisondersteuning aan sowat
335 limfedeempasiënte gebied
22. KANSA het die
afgelope jaar...
• Ondersteuning aan 6 203 individuele
kankerpasiënte verleen deur middel
van ons 110 ondersteuningsgroepe en
met behulp van ons 2 611 opgeleide
sorg- en ondersteuningsvrywilligers
• Ongeveer 1 055 pasiënte elke maand
besoek en ondersteun by KANSA
Sorgsentra en onkologie-klinieke
• Tuisversorging gefasiliteer vir 13 397
pasiënte
• Mediese hulptoerusting aan 4 320
mense beskikbaar gestel
26. Om KANSA
te help om ons
kankersiftingsprogramme
uit te brei, oorweeg dit
asseblief om 'n skenking
by enige van ons KANSA
Sorgsentra landswyd te
maak
27. Kyk ons Videos
Aartsbiskop Tutu het ‘n boodskap vir jou:
http://youtu.be/CTeis0HRXXk
KANSA Sorg en Ondersteuning:
http://youtu.be/swNltOAZSwE
KANSA Sifting:
http://youtu.be/Hfq5z3MtSz4
28. Kontak ons…
Skakel ons tolvry 0800 22 66 22, of e-pos info@cansa.org.za
Teken in op ons KANSA Nasionale Facebook-blad:
CANSA The Cancer Association of South Africa
As jy ‘n kankeroorwinnaar is, besoek asseblief ons Facebook blad ter
ondersteuning van kankeroorwinnaars: Champions of Hope - CANSA Survivors
Word ook deel van ons Twitter-blad: @CANSA
Besoek ons op Pinterest: http://pinterest.com/cansa/
Kyk al ons videos op YouTube: http://www.youtube.com/user/can1000sa
29. Disclaimer:
Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in
compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be
held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation
wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in,
or accessed through, this presentation.